SA Women vote Suzuki Jimny Tops
| Date: 01 Oct 2009 |
Author Type: Press Release |
| Author: Suzuki |
| Source: Suzuki |
The pocket-sized Suzuki Jimny 4x4 has kicked dust in the headlights of many of South Africa’s fancied all-terrainers by taking the category laurels in an annual Car of the Year contest voted for exclusively by women.
The 2009 Women’s Car of the Year Awards are organised annually by the Women on Wheels motoring supplement. The supplement is edited by seasoned motoring journalist Charleen Clarke, and published in Cosmopolitan, Marie Claire, Oprah and House and Leisure magazines.
The Jimny, which quickly established an enviable reputation as a big-hearted, agile and affordable all-terrainer, after being launched in SA in September last year, was one of 10 finalists in the 4xFabs category of the contest.
This year’s panel of judges consisted of Clarke, together with fellow motoring scribes Helene Griffiths and Peta Lee, as well as current affairs anchor Fenley Foxen .
In addition, readers of the supplement were invited to vote for their favourite choice in each of eight categories.
While the Jimny was tops in its category, Suzuki was also represented in two other categories: the SX4 lifestyle hatchback in the All-In-One Wonders section, and the Swift compact hatchback in the Movers And Shakers category.
“We are delighted that the Suzuki Jimny continues to distinguish itself on the SA motoring scene,” says Kazuyuki Yamashita, Managing Director of Suzuki South Africa.
“Its combination of wieldy handling, urban warrior styling and go-anywhere versatility continues to win it many friends – including those astute readers of the WOW who voted it into the top SUV slot,” he added.
ends
Die klein, kordaat Suzuki Jimny 4x4 het van Suid-Afrika se voorste veelterreinvoertuie onder die stof geloop. Dié klein nutsvoertuig is as afdelingswenner aangewys in ’n Motor van die Jaar-wedstryd wat eksklusief deur vroue bepaal word.
Die 2009 Motor van die Jaar Vir Vroue-wedstryd word jaarliks deur die motorbylaag Women on Wheels belê. Die gesoute motorjoernalis Charleen Clarke is die redakteur van dié bylaag, wat jaarliks in die tydskrifte Cosmopolitan, Marie Claire, Oprah en House And Leisure versprei word.
Die Jimny het sedert sy plaaslike bekendstelling in September verlede jaar vinnig naam gemaak as ’n groothartige, ratse en bekostigbare veelterreiner. Die voertuig was een van 10 finaliste in die sogenaamde ‘4xFabs’-afdeling, vir 4x4s.
Vanjaar se paneel van beoordelaars het buiten Clarke ook die motorskrywers Helene Griffiths en Peta Lee ingesluit, tesame met die CNBCC Africa nuus-anker Fenley Foxen.
Daarbenewens is lesers van die WOW-motorbylaag ook genooi om vir hul gunstelinge in elk van agt afdelings te stem.
Terwyl die Jimny in sy afdeling koning gekraai het, het Suzuki ook met finaliste in twee ander kategorieë gespog. Die SX4-leefstylluikrug is as finalis in die sogenaamde ‘All-In-One Wonders’-afdeling aangewys, terwyl die Swift ’n finalis in die ‘Movers And Shakers’-afdeling was.
“Ons is verheug dat die Suzuki Jimny homself steeds op die plaaslike motortoneel onderskei,” sê Kazuyuki Yamashita, Besturende Direkteur van Suzuki Suid-Afrika.
“Sy kombinasie van ratse hantering, aggressiewe voorkoms en oralry-veelsydigheid sorg dat sy gewildheid steeds toeneem – duidelik ook onder die goed ingeligte lesers van WOW, wat die Jimny met die voorste plek in die 4x4-afdeling bekroon het,” het hy bygevoeg.
|