|
The Suzuki Fun Festival this weekend produced a nail-baiting finish where age cunningly overcame youth in the final event of the Suzuki Acceleration Series held at the African Outdoor Group venue at De Rust near Hartbeespoort Dam. The morning was enjoyed by hundreds of Suzuki owners and fans who came to experience the Fun Festival with rides on a 4x4 rally track in a Suzuki Jimny, a 4xFun Experience on a mobile 4x4 demo rig, and an introduction to the exciting world of off-road driving. The highlight of the Fun Festival was the final round of the Suzuki Acceleration Series where competitors had one last chance racing the stop watch on a dirt skid pan. More than just dust went flying as the 12 finalists from all over the country pitted their wits, skills and intrepidity for a shot at the main prize, a brand new Suzuki Swift Sport valued at R199 900. Also at stake was a Suzuki LT-Z250 quad valued at over R40 000 as well as a set of Bridgestone Tyres valued at R10 000. The final round started with a game of wits and intelligence as the competitors had to neatly pack the boot of a Suzuki SX4 with no less than 26 cardboard boxes. It took the organisers and a team of Suzuki and African Outdoor staff a whole day to figure out a way of filling almost every available cubic centimeter of boot space, and a target of 50 seconds was set to achieve this. Then came the action as the competitors buckled up – first in the Swift, followed by another go in the Alto – racing the stopwatch on an intricate dirt skid pan gymkhana circuit consisting of slalom, figure of 8, and a few 360 degree high-speed turns around strategically placed markers. The times – and penalties for not fitting all the boxes, hitting the cones or following the wrong route on the skid pan – were combined with the overall winner the driver with the quickest time on all three events. The winner of the Bridgestones was Pretoria student Wayd Needham, while Daniel Fourie from SAC Diesel in Pretoria went home with the Suzuki quad on tow. Port Elizabeth estate agent Karl Illenberger took the overall honours, but will have to keep his word to his 18-year old daughter back home whom he promised the car to if he wins it. “I told Kirsten I would give her the car when she passes her driving test in April next year after her 18th birthday,” an ecstatic Illenberger said. The Media Challenge was won by Anton Wannenburg, who took home a Nikon camera worth R30 000
Baaise Suzuki-Aanhanger Versnel Tot Agter Swift Se Stuur
Die Suzuki Fun Festival die afgelope naweek het ’n naelbyteinde opgelewer waar ouderdom die jeug slinks in die eindronde van die Suzuki Accelaration Series by die African Outdoor Group-terrein by De Rust naby Hartbeespoortdam uitoorlê het. Die oggend is deur honderde Suzuki-eienaars en aanhangers geniet wat opgedaag het om die Fun Festival mee te maak deur aan ritte op ‘n 4x4-tydrenbaan in ’n Suzuki Jimny, ’n 4xFun Experience op ’n 4x4-demonstrasievragmotor en ’n bekendstelling aan die opwindende wêreld van veldrybestuur deel te neem. Die hoogtepunt van die Fun Festival was die eindronde van die Suzuki Acceleration Series waar die deelnemers nog een laaste kans gehad het om op ’n glybaan teen die stophorlosie mee te ding. Heelwat meer as net die stof het gespat toe die 12 finaliste van regoor Suid-Afrika hul vernuf, vaardighede en waagmoed gewys het in ’n poging om die hoofprys, ’n splinternuwe Suzuki Swift Sport ter waarde van R199 900, los te slaan. ’n Suzuki LT-Z250 vierwielmotorfiets van oor die R40 000 en ’n stel Bridgestone-bande R10 000 was ook op die spel. Die laaste ronde het afgeskop met ’n uitdaging wat die vernuf en intelligensie van die deelnemers beproef het deurdat hulle niks minder nie as 26 kartonbokse in die bagasieruimte van ’n Suzuki SX4 moes laat pas. Dit het die organiseerders en ’n span van Suzuki en African Outdoor ’n hele dag geneem om uit te werk hoe om bykans elke kubieke sentimeter van die bagasiebakruimte vol te kry, en deelnemers is ’n teiken van 50 sekondes daarvoor gegun. Daarna was dit groot opwinding toe die deelnemers agter die stuur ingeskuif het – eers in die Swift, gevolg deur nog ’n probeerslag in die Alto – toe hulle op ’n ingewikkelde gymkana-roete op ’n grondglybaan deur ’n slalom, ’n syfer 8, en ’n paar 360 grade-draaie om stragies geplaasde merkers teen die stophorlosie gejaag het. Die tye – en straftye vir dié wat nie al die bokse kon inkry nie, kegels getref het of die verkeerde roete op die glybaan gevolg het – is bymekaargetel en die algehele wenner was die bestuurder met die beste saamgestelde tyd van al drie take. Die wenner van die Bridgestones was die Pretoriase student Wayd Needham, terwyl Daniel Fourie van SAC Diesel in Pretoria met die Suzuki-vierwielmotorfiets agterna huis toe is. Die Port Elizabethse eiendomsagent Karl Illenberger het die algehele louere ingeoes, maar hy sal sy belofte aan sy 18-jarige dogter gestand moet doen aan wie hy die motor belowe het as hy dit sou wen. “Ek het vir Kirsten gesê ek sou die motor vir haar gee as sy haar rybewystoets ná haar 18e verjaarsdag in April volgende jaar slaag,” het ’n opgewonde Illenberger gesê. Die Media-uitdaging is deur Anton Wannenburg gewen, wat ’n Nikon-kamera ter waarde van R30 000 losgeslaan het. |